. . .
  • Southdowns Ridge Office Park 1240 John Vorster Dr, Irene, 0062
  • (+27) 12 111 8360
  • 046-086-NPO

Duisende meisies kry ondersteuning vir ’n probleem-wat-nie-genoem-mag-word-nie

Volgens ’n studie wat Solidariteit Helpende Hand gedoen het, is meer as 10% van meisies se menstruasie elke maand vir hulle ’n geweldige las weens ’n tekort aan sanitêre produkte.

Die #HelpHanna-projek het die afgelope paar maande 3 540 meisies bygestaan deur die nodige sanitêre produkte aan hulle te voorsien.

Een van die grootste probleme waarmee die projek te kampe het, is die meisies se onwilligheid om hulp te vra. Tydens die studie het dit duidelik geword dat meer as 50% van die meisies nie gewillig om hul menstruasiesiklus te bespreek nie, selfs nie eens met ’n vriendin of ouer nie.

Saffas - Helpende hand - Help Hanna - meisiesHelpende Hand se #HelpHanna-projek is van stapel gestuur om te verseker dat hierdie meisies dieselfde geleenthede as hulle mede-skoliere het. Die projek het in Augustus verlede jaar begin en 126 skole is deel van die projek. Skole moes aansoek doen namens meisies wat ’n behoefte aan die produkte het maar dit nie kan bekostig nie. Daar het landwyd 3 540 meisies op ’n maandelikse basis Hanna-pakkies ontvang.

Elke pakkie is ongeveer R50 werd en bevat sanitêre doekies en twee ander produkte, wat onder andere insluit lyfwas, tandepasta of antiperspirant, wat sorgvuldig vir hulle verpak is. Daar is reeds R531 000 aan die projek spandeer.

Helpende Hand het die karakter, Hanna, geskep om elke meisie wat hierdie probleem ervaar, te verteenwoordig. Sy is ’n tipiese skoolmeisie, maar een wat in moeilike finansiële omstandighede leef en daarom nie sanitêre produkte kan bekostig nie.

Op Woensdag 9 Maart 2016 het Helpende Hand die meisies van Hoërskool Pretoria-Noord toegespreek oor die #HelpHanna-projek, sowel as algemene higiëne. Die skool het 540 meisies wat die geleentheid bygewoon het en elk het ’n Hanna-pakkie ontvang. Hanna het ook haar verskyning gemaak om meisies aan te moedig om die vrymoedigheid te hê om oor hul menstruasiesiklus te gesels.

Vir meer inligting oor die projek kontak Michelle Burger – Projekorganiseerder by michelleb@helpendehand.co.za